Suikerbossie, 'k wil jou hê (3x) 
                    En wat sal jou Mamma daarvan sê? 
                    Dan loop ons so onderdeur die maan (3x) 
                    Ek en my Suikerbossie saam. 
                 Sy kan nie kos kook nie, haar kos is rou, 
                  Sy kan nie tee maak nie, haar tee is flou 
                  Sy kan nie brood bak nie, dis als verbrou. 
                  Tog wag ek, Suikerbos, nog net vir jou 
                 Ja, Siena, ek is lief vir jou. 
                  Suikerbossie, 'k wil jou hê. 
                  Suikerbossie, 'k wil jou hê. 
                  Al sou jou Mamma wat ook sê!
                Suikerbossie, 'k wil jou hê (3x) 
                  En wat sal jou Mamma daarvan sê? 
                  Dan loop ons so onderdeur die maan (3x) 
                  Ek en my Suikerbossie saam. 
                Sy kan wel woordjies sê waar ek van hou, 
                  Haar ogies vonkel soos die môredou. 
                  En praat van lekker lag, so aan die tou! 
                  Ai, Suikerbos, ek wag, kom word my vrou! 
                Ja, Siena, ek is lief vir jou. 
                  Suikerbossie, 'k wil jou hê. 
                  Suikerbossie, 'k wil jou hê. 
                  Al sou jou Mamma wat ook sê!