Home

Sarie Marais

melodie

My Sarie Marais is so ver van mij hart,
Maar ek hoop haar weer te sien.
Sij het in die wijk van die Mooirivier gewoon
Nog voor die oorlog het begin.

O, breng mij trug na die ou Transvaal,
Daar waar mijn Sarie woon.
Daar onder in die mielies bij die groen doringboom,
Daar woon mijn Sarie Marais
Daar onder in die mielies bij die groen doringboom,
Daar woon mijn Sarie Marais

Ek was so bang, dat die khakies mij sou vang
En ver oor die see wegstuur;
Toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
Daar onder langs die Groot rivier.

O, breng mij trug …

Verlossing het gekom en die huistoe gaan was daar,
Trug na die ou Transvaal.
Mij liewelingspersoon sal seker ook daar wees,
Om mij met een kus te beloon.

O, breng mij trug …